Advertorial Video
RIVERSDAL SAKENUUS EN VIDEO - Du Plessis Oudioloë & Gehoorapparaat Akoestici se Riversdal-tak vier sy tweede verjaardag in Riversdal.
Jacques du Plessis ('n gehoor akoestikus) en sy vrou Andrea ('n oudioloog) se praktyk was reeds in Mosselbaai gevestig toe hulle twee jaar gelede besluit het om hul passie om gehoorverlies aan te spreek, na Riversdal uit te brei.
Die warmte, glimlag en vriendelike ontvangs by hul praktyk in Kerkstraat spreek boekdele hiervan. Jacques vertel dat daar 'n groot verband tussen geestesgesondheid en gehoorprobleme is. Een van die gevolge is depressie en dit is medies bewys dat 47% van mense wat met gehoorverlies sukkel, geneig is om depresief te raak.
Die twee gehoorpraktisyns se liefde vir mense met wie hulle werk, word bewys deur die wyse waarop hulle in die gemeenskap terugploeg en na hul pasiënte uitreik. So het hulle op 1 September by die Ou Meule-tehuis in Riversdal gebreide komberse aan 15 inwoners oorhandig. Die komberse is gebrei as deel van 'n uitreikingsprojek, waar Jacques en Andrea metoriese vaardighede van bejaardes vir 'n jaar lank deur breiwerk ontwikkel het.
Hulle verduidelik dat mense geneig is om aan kognitiewe agteruitgang te ly soos jy ouer raak. "Breiwerk is 'n ideale geleentheid om dit aan te spreek en te voorkom dat mens uitgesluit voel as jy ouer raak," sê Andrea. Die Du Plessis-egpaar gee die versekering dat hulle nog baie planne in die mou voer om na die gemeenskap uit te reik.
Kyk 'n video hieronder:
Gehoorverlies is die derde mees algemene chroniese kondisie, naas hipertensie en artritis onder ouerwordende persone.
Volgens Jacques en Andrea du Plessis bestaan daar 'n wanindruk dat gehoorverlies slegs met ouderdom verband hou. Dit is onwaar en gereelde gehoorevaluasie word ten sterkste aanbeveveel.
'n Maklike vraelys kan aandui wat jou gehoorstatus is. Indien jy twyfel, kontak en besoek Du Plessis Oudioloë, Mosselbaai (044 691 9083) en/of Riversdal (028 713 1425).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'