Advertorial Gallery Video
RIVERSDAL SAKENUUS - Garage Man van Riversdal is 'n ware gesinsonderneming wat vanjaar sy 20ste bestaansjaar vier.
"2020 is vir ons 'n groot jaar, want die besigheid is 20 jaar oud en my seun Standon (20), het onlangs saam met my begin werk," vertel Norman Wait, eienaar van dié suksesvolle besigheid.
Die onderneming het nederig begin. "Ek het destyds my eie garagedeure outomatiseer, daarna het my skoonpa-hulle s'n gevolg en toe die bure en hul bure s'n.
"Later het ek by kliënte gekom wie se deure herstel moes word voor dit outomatiseer kon word. Ek moes toe maar inspring en die herstelwerk en onderhoud doen om die deur te balanseer."
Fotogalery: Garageman vier 20 jaar
Hy het vir opleidingskursusse by die verskeie vervaardigers en verskaffers ingeskryf en hom as gekwalifiseerde en geakrediteerde installeerder en verskaffer van toegangsbeheertoerusting bekwaam. "Ek woon nog gereeld opleidingswerkswinkels en kursusse in verskeie rigtings rakende die toegangsbeheerbedryf by."
Dit sluit onder meer geslotekring-televisiekameras (CCTV), elektriese omheinings, sonenergie-toerusting, hekoopmakers, interkomstelsels, magnetiese slotte, GSM of selfoon-gebaseerde eenhede en Robo-Guard-buitesensors in.
Kyk 'n video hieronder:
Die onderneming het spoedig vlam gevat en gegroei tot waar dit vandag met meer as 1 000 installasies en amper soveel kliënte, waaronder verskeie behuisingskomplekse, kan spog. Norman werk in al die dorpe in die Hessequa-streek en selfs ook so wyd soos Mosselbaai, Ladismith en Swellendam. Hy vervaardig nie self motorhuisdeure nie, maar maak gebruik van betroubare verskaffers om produkte van hoogstaande gehalte te lewer.
"Kwaliteit produkte is my voorskrif aan almal, maar ek besef koste is 'n faktor, daarom verskaf ek ook intreevlak-produkte."
Die pa-en-seunspan is van vroeg tot laat beskikbaar om 'n diens met integriteit aan al hul kliënte te lewer. "Vir ons kom ons kliënte eerste en installasies van buitengewoon hoogstaande gehalte is die kern van ons besigheid," is hul uitgangspunt.
"Baie dankie aan al my kliënte vir jul volgehoue ondersteuning die afgelope 20 jaar. Groot dank ook aan ons hemelse Vader vir al sy seëninge in ons lewens."
Kontak hom by 083 665 4816 of stuur 'n e-pos aan garageman@afrihost.co.za vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'