Advertorial
STILBAAI SAKENUUS - Die wenners van Fynbos Apteek in Stilbaai se babakompetisie is op Vrydag 13 Desember aangewys. Volgens Evonne Rosewall (bemarking) was hulle oorweldig deur die gemeenskap se entoesiastiese deelname: "Heelwat inskrywings is ontvang en daar is fluks op Facebook gestem."
Die wenners in die vier afdelings
• 0 - 6 maande: Zian Becker
• 6 - 12 maande: Jacobus Pretorius
• 12 - 18 maande: Alexa Hopley
• 18 - 24 maande: Dian Olivier
Fynbos Apteek in die Fynbossentrum, Hoofweg-Wes is een van Stilbaai se gevestigde besighede met 'n wye verskeidenheid aanbiedinge, van medisyne tot geskenke. Een van hul uitstaande kenmerke is die kliniek.
Al die basiese dienste soos suikertoetse, griepinspuitings en bloeddrukmeting is beskikbaar. Ander lewensbelangrike toetse soos prostaat, cholesterol (HDL en LDL), papsmere en borsondersoeke met 'n borslig word ook gedoen.
Hulle bied ook evaluerings vir Discovery Vitality en kan bloed vir ontleding by PathLab trek. Primêre gesondheidsorg en veral vrouegesondheid, babasorg en algemene gesondheidsorg is hoog op hul prioriteitslys.
Fynboskliniek se besigheidsure is Maandag tot Vrydag van 08:30 tot 12:30 en 13:30 tot 16:30. Suster Tania Maree is voltyds by die kliniek werksaam.
Fynbos Apteek wens al hul kliënte 'n geseënde Kersfees toe en bedank hulle vir die ondersteuning gedurende 2019.
Jeanine Olivier met Dian.
Chris-Mari Pretorius en Jacobus.
Alexa Hopley en haar ma Michelle.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'