Advertorial Gallery Video
SAKENUUS - Apteke is lankal nie meer net plekke om medisyne te koop nie. Die Fynbos Apteek, 'n A-graad apteek op Stilbaai benut die geleenthede om hul aanbiedinge ten volle te diversifiseer.
As lid van die onafhanklike Arrie Nel-groep is hul pryse mededingend en hulle kan daardie ietsie ekstra aanbied wat in 'n korporatiewe omgewing nie moontlik is nie.
Buiten drie aptekers en twee assistente is daar 'n wye verskeidenheid items van toiletware tot geskenke, juwele, grimering en meer te koop. Die apteek is MedXpress geakkrediteer en hulle verpak ook medikasie vir instansies soos ouetehuise.
Een van Fynbos Apteek se uitstaande kenmerke is die kliniek. Al die basiese dienste soos suikertoetse, griepinspuitings en bloeddrukmeting is beskikbaar, asook ander lewensbelangrike toetse soos prostaat, cholesterol (HDL en LDL), papsmere en borsondersoeke met 'n borslig. Hulle doen evaluerings vir Discovery Vitality en kan ook bloed vir ontleding by PathLab trek. Primêre gesondheidsorg en veral vrouegesondheid, babasorg en algemene gesondheidsorg is hoog op hul prioriteitslys. Die twee klinieksusters, Tania Maree en Freda Sauer spog met 'n indrukwekkende rekord van suksesvolle wondsorg. Kliniekure is van 08:30 tot 16:30, Maandae tot Vrydae.
Kyk 'n video hieronder:
Alle immunisasie vir babas kan by die kliniek gedoen word, aangesien hulle 'n volledige babakliniek is. Om dit te vier gaan daar binnekort 'n babakompetisie gehou word. Inskrywings open op 15 November en sluit op 4 Desember.
Enigiemand wat in dié tyd 'n babaproduk by die apteek aanskaf, kry outomaties 'n inskrywing, hulle moet net sorg vir 'n foto van die kleinding. Groot pryse in elk van die vier afdelings is op die spel. Foto's van die eerste drie in elke afdeling sal op Facebook geplaas word waar die gemeenskap vir die wenners kan stem.
Dis 'n besigheid met sy voete stewig in die plaaslike gemeenskap gewortel. Hul betrokkenheid strek van plaaslike skole tot bejaardesorg.
Gratis plaaslike aflewering is Maandae tot Vrydae beskikbaar. Maandae, Woensdae en Vrydae word ook in Albertinia gratis afgelewer. Vir enige navrae kan die apteek by 028 754 1860 bereik word. Hou ook hul Facebook-blad, Fynbos Apteek Stilbaai, dop.
Van links: Sr. Tania Maree, Willie Delport (eienaar) en sr. Freda Sauer. Foto’s: Deona Aucamp
Die kliniek bied ’n wye verskeidenheid dienste.
Die verkoopsdames van links: Hansie Mitchley, Diane Miggels en Patricia Jantjies.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'