Advertorial
RIVERSDAL NUUS - Ek wil graag Riversdal en sy mense bedank vir elkeen wat op watter gebied ook al betrokke was. Dit was ‘n uiters suksesvolle skou hierdie jaar.
Nie eens die reën kon die besoekers weghou nie aangesien daar genoeg aktiwiteite onder dak plaasgevind het soos die skaapskeer kompetisie (wat baie besoekers gelok het) die boerbokke, kalahari-reds, beeste, skape en boerboele.
Die uitstallers is verseker meer as laas jaar en ek glo daar was iets vir elkeen.
Die terugvoering van ons gemeenskap is baie positief en is almal baie opgewonde oor 2023 se Landbouskou.
Die sukses van ons skou is verseker te danke daaraan dat hierdie aanbieding ‘n spanpoging was.
Pieter van Wyk
PRESIDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'