Advertorial Gallery Video
HESSEQUA SAKENUUS EN VIDEO - Chas Everitt is geen onbekende naam in eiendomsagentskap-kringe nie, want hulle vier vanjaar hul 40ste bestaansjaar.
Die tak in Stilbaai het egter eers ongeveer drie jaar gelede sy ankerpenne in Stilbaai kom inslaan - en het met Jeanne Hamman aan die stuur van sake van 'n beskeie begin gegroei tot 'n agentskap waarmee goed rekenskap gehou moet word.
Vrydag, 23 Oktober was 'n geskiedkundige dag vir Chas Everitt, want tydens 'n gesellige funksie by hul groter kantore wat onlangs in gebruik geneem is, het 'n paar verrassings vir die genooide gaste gewag.
Charles de Kock, prinsipaal het bekend gemaak dat hulle die alleenmandaat vir die Skulpiesbaai-ontwikkeling verkry het, wat 'n groot prestasie en eer is. Die ontwikkelaars, Pieter Venter van Stellenbosch en Nicholas Horwood van Somerset-Wes het ook die geleentheid bygewoon.
"Ons het ook 'n samewerkingsooreenkoms met Sanlam se Complectus Wealth Financial Advisory Services gesluit, en ek is trots om bekend te maak dat Jacques Strydom, finansiële adviseur by Sanlam, besluit het om by ons aan te sluit, ook as 'n landbouagent in die Hessequa-gebied," het Charles gesê.
Jacques het vir 10 jaar as landbouvoorligter in die Oudtshoorn/Karoo-gebied gewerk na hy sy studies voltooi het, en ken landbougrond dus baie goed. Hy is boonop 'n gekwalifiseerde eiendomsagent wat sy eie maatskappy het, asook 'n geregistreerde eiendomsafslaer.
"As ons tot jul eiendomstransaksies verbind is, is dit vir ons 'n groot voorreg en hanteer ons dit na die beste van ons vermoë," het Charles afgesluit.
FOTOGALERY: VAN KLEIN BEGIN TOT GROOT GEWIN
Kyk 'n video hieronder.
Chas Everitt beskik oor bykans 900 agente landswyd, 64 konsessies en is internasionaal verbind tot 214 agentskappe wêreldwyd. In die Suid-Kaap is ongeveer 40 agente, vanaf Swellendam tot by Oudtshoorn.
Kontakbesonderhede
Jeanne Hamman
Keurboomlaan 32, Stilbaai-Wes
Kontaknommer: 082 522 9893
E-pos: jeanne.hamman@everitt.co.za
Van links is Nicholas Horwood, Charles de Kock, Pieter Venter en rdl Grant Riddles (uitvoerende burgemeester, Hessequa).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'