Advertorial
SAKE NUUS - Carewell Stilbaai is Maart 2014 geopen en het die afgelope 4 jaar uitgebrei om in die groeiende mediese-en versorgingsbehoeftes van Stilbaai en die omliggende dorpe se inwoners te voorsien.
Aanvanklik het die fasiliteit net uit die sub-akute hospitaal bestaan, maar vandag huisves dit ook ‘n radiologie praktyk en die rehabilitasie lokaal waar fisioterapeute en arbeidsterapeute pasiente rehabiliteer na onder andere: beroerte (SVA), heup of knie vervanging, ernstige trauma en spinale en brein beserings.
By Carewell word gebruik gemaak multi-disiplinere span benadering vir rehabilitasie waar die verwysende dokter of spesialis nou saam werk met die verpleeg span en terapeute om die optimale behandeling vir die pasient voor te skryf.
Die pasient se vordering word deurlopend ge-monitor om te bepaal of mikpunte bereik word.
Pasiente se behandeling kan ook na ontslag voortgesit word op ‘n buite pasient basis by Carewell in samewerking met die terapeute.
Rehabilitasie lokaal.
Carewell spesialiseer ook in wondsorg en infeksie beheer, paliatiewe en kanker sorg, die toedien van drips en suurstof asook pyn beheer.
Vir navrae ivm Carewell Stilbaai dienste en fasiliteite skakel Annelie Nel by Tel: 028 754 1044 of epos: stilbaai@carewell.co.za.
Subakute saal.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'