Advertorial
STILBAAI SAKE NUUS - Die Breedt-broers, FC en Jacques, het die deure van hul nuwe besigheid, Breedt Flooring, in Voortrekkerstraat op Stilbaai oopgemaak vanwaar hulle die hele Wes-Kaap met 'n verskeidenheid van vloerbedekkings sal bedien.
FC en Jacques het opgegroei in die vloerbesigheid met hul pa, Frik, wat in 1995 die besigheid, Breedt Matte, in Stilbaai begin het en hulle sal hul ondervinding in dié nuwe besigheid van toepassing maak.
Breedt Flooring spesialiseer in volvloerbedekkings wat insluit hout- en gelamineerde vloere, volvloermatte en viniel vir vloere en mure, terwyl hulle ook koste-effektiewe en duursame PVC-plafonne installeer wat goeie isoleerders in die winter en somer is.
Vir kwotasies en inligting, kontak Breedt Flooring by 061 445 9327, stuur 'n e-pos aan breedtflooring@outlook.com of besoek hul kantoor in Voortrekkerstraat 2. - Elza Thiart-Botes, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'