Advertorial
STILBAAI SAKE-NUUS - Die Blou Seekat Drankwinkel vier Maandag 1 Oktober sy eerste verjaarsdag in Stilbaai en as deel van die verjaarsdagvieringe, kan klante uitsien na heelwat spesiale pryse op bekende produkte.
Dié drankwinkel is die enigste van sy soort in Stilbaai-Oos en is gerieflik geleë direk langs Hoofweg-Oos by die eerste stopstraat ná die kruising by die brug. Die eienaars van Die Blou Seekat, Adolf Botes en Johannie Vermeulen, het dié winkel 'n jaar gelede aangeskaf en bring dieselfde kwaliteit diens en genoegsame voorraad na die oostekant van die rivier as wat hulle by hul wynboetiek, Stilbaai Kelders in Voortrekkerstraat doen.
Die winkel beskik oor al die gewilde alkoholiese verversings, insluitende boetiekbier en -gin, terwyl 'n verskeidenheid uitgesoekte wyne ook hier beskikbaar is. Boonop is daar MCC om van te kies terwyl koue bier hier aangeskaf kan word. Daar is selfs 'n beperkte voorraad glase.
As deel van die Liquorland-winkels, bied Die Blou Seekat maandeliks groot spesiale aanbiedinge. Daar is ook gereeld kompetisies waar heerlike pryse gewen kan word met 'n platskermtelevisie wat binnekort 'n eienaar gaan kry.
Crystal Stream-waterhervulling kan ook hier teen R1,20 per liter gedoen word, terwyl ys ook beskikbaar is.
Botes en Vermeulen is reeds meer as drie jaar by Stilbaai Kelders in vennootskap en het dié besonderse wynboetiek uitgebrei tot 'n unieke winkel waar meer as 700 wyne, 'n groot verskeidenheid MCC en 'n wye reeks boetiekbier en -gin gevind kan word. Daar is ook 'n deli-area met kase, plaaslike olyfprodukte en -olies, terwyl Stilbaai Kelders ook glaseverhuring vir funksies doen.
Adolf Botes en Johannie Vermeulen
Besoek gerus Die Blou Seekat in Hoofweg-Oos langs die kafee. Die winkel is oop Maandae tot Saterdae en publieke vakansiedae van 09:00 tot 18:00 (toe op Sondae, Kersdag en Goeie Vrydag).
Kontak Adolf Botes of Johannie Vermeulen by 028 754 1655/082 337 6286 (Adolf) / 083 333 1810. Facebook: Die Blou Seekat.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'