Sponsored Content
SAKENUUS - Suidpunt Sekuriteit beskou hul nominasie in die Best of Hessequa 2026-kompetisie as ’n groot eer en ’n bewys van die vertroue wat die gemeenskap reeds 27 jaar lank in die onderneming stel.
Die maatskappy is nou vir die derde agtereenvolgende jaar genomineer en was die trotse wenner in hul kategorie gedurende die afgelope twee jaar.
Die maatskappy het in Januarie 1999 as ’n klein familieonderneming begin met slegs drie personeellede en die eienaars, Frans en Mariaan.
Vandag is Suidpunt Sekuriteit ’n gevestigde naam in die sekuriteitsbedryf met meer as 89 personeellede en kliënte regoor die Overberg, Wes-Kaap, Oos-Kaap en selfs op nasionale vlak.
Ten spyte van die groei bly die onderneming se fokus dieselfde: om kliënte se veiligheid eerste te stel en personeel as kollegas te sien wat saamwerk om sterker en veiliger gemeenskappe te bou.
Die familie-erfenis leef voort met dogter Martolucia White en seun FC, wat reeds die afgelope sewe jaar die besigheid skouer aan skouer met hul ouers bestuur.
Die beheerkamer is altyd paraat vir enige noodgevalle.
Deur hul Suidpunt Agri-afdeling, wat bestaan uit spesiaal opgeleide plaaswagte (Rangers), beskerm hulle ongeveer 158 000ha plaasgrond, terwyl hul veiligheidsnetwerk en tegnologie voortdurend uitgebrei word.
Suidpunt Sekuriteit is trots op hul betrokkenheid by plaaslike gemeenskappe en ondersteun verskeie organisasies en instansies.
Die bestuur bedank hul lojale kliënte, toegewyde personeel en die breër gemeenskap vir hul ondersteuning en sien met opgewondenheid uit na die toekoms.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’