Advertorial
STILBAAI SAKENUUS - Die jaarlikse Tuin-op-die-Brak-kunsuitstalling in Stilbaai vind weer hierdie feesseisoen plaas.
Feesgangers en plaaslike inwoners kan vanaf 16-31 Desember kunswerke van die bekroonde kunstenaars, Julie Wilson en Louis Hiemstra, asook ander kunstenaars bewonder en aankoop.
Die uitstalling vind daagliks van 09:00 tot 16:00 plaas en sal op Kersdag gesluit wees.
Wilson, woonagtig in Riversdal, het bekendheid vir haar gedetaileerde inheemse Botaniese plante-skilderye verwerf. Sy is 'n entoesiastiese amateur botaniese kenner wat dié kleurryke blomme as skilderye verewig. Sy het ook wêreldwye bekendheid verwerf toe sy in opdrag van die Royal Canadian Mint 'n ontwerp van die Pitcher Plant vir hul 99.99% goue muntreeks moes indien. Die muntstuk is in April 2009 uitgereik.
Sy het vyf jaar in Nova Scotia en Newfoundland geskilder en kunsopleiding gegee. Exotic Botanical Painting, 'n publikasie van die Eden Project, Carnwell deur Rosie Martin en Meriel Thurstan het ook van haar werk gepubliseer.
'n Silwer medalje van die Royal Horticultiral Society is van Wilson se ander toekennings.
Louis Hiemstra, voorheen 'n algemene praktisyn en later professor in die departement huisartskunde in die mediese skool aan die Universiteit Vrystaat se kunsloopbaan het as spotprentekenaar op skool begin. Van sy karikature as illustrasies is in gepubliseerde boeke vasgelê.
Hy skilder sedert 1986 toe hy met waterverf as enigste medium begin het. Ongeveer 20 verskillende tutors het oor die verloop van 25 jaar tot sy ontwikkeling as kunstenaar bygedra. Hy het aan verskeie nasionale, provinsiale en ander uitstallings deelgeneem.
Hiemstra se werke word plaaslik, asook oorsee gesien. Hy het 'n aantal toekennings vir sy kuns verwerf. Hy is ook 'n Fellow (FWSSA) van die voorheen bekende Waterverf-genootskap van SA (hoogste gradering). Na sy aftrede het hy na Stilbaai verhuis, waar skilderkuns sy nuwe professie, met waterverf, akriel en olieverf as mediums, geword het.
'n Landskapkunswerk van Louis Hiemstra.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'