Advertorial
RIVERSDAL NUUS - Die tradisionele Oakdale-Akkerfees word vanjaar weer gedurende die naweek van 24 & 25 Mei, op die terrein van Hoër Landbouskool Oakdale aangebied.
Ouers, oudskoliere en vriende van die plaaslike skool, asook die besoekende skool sak gedurende hierdie naweek op Riversdal en omgewing toe.
Hierdie Akkerfees is veral bekend vir die sportdag op Saterdag, 25 Mei, waartydens 20 rugbywedstryde teen Paarl Gimnasium gespeel sal word.
Vanuit die OOV se verkope lokaal sal ‘n verskeidenheid verversings te koop aangebied word. Besoekers kan ook ‘n heerlike boere-ontbyt in die Fanie du Toit sentrum kom geniet, terwyl die alombekende “Coffee shop” iets vir die soet- en souttand beloof.
Maak gerus ‘n draai by die Plaasmark wat bydra tot die feestelike atmosfeer. Die tradisionele groente-, vrugte-, en vleisverkope asook heerlike tuisgemaakte produkte sal voor die skoolsaal geskied. Vooraf vleisbestellings kan by die skool geplaas word.
Die Akkerfeesdans en veiling wat Vrydagaand, 24 Mei, in die Riversdal Skousaal aangebied word, is enig in sy soort en slaap meeste Oakdale-ouers Vrydagaand in die omgewing oor ten einde hierdie sosiale geleentheid by te woon. Oakdale-ouers, oudskoliere en vriende woon hierdie geleentheid by. Danskaartjies is by die skool beskikbaar.
Die 2024 Oakdale-Akkerfees beloof om 'n genotvolle sport- en kuierdag te wees vir 'n ieder en 'n elk. Skakel die skool by 028 – 713 2549 vir verdere navrae.
Rugbyprogram
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’