SUID-KAAP NUUS - Volgens dr. Edwin Dyason, die staatsveearts, kry hulle elke jaar gevalle van snotsiekte regdeur die distrik, ook van die skaapverwante stam. Die aantal diere wat die Bothas verloor het, is egter hoogs uitsonderlik.
"Dis nou eintlik 'n uitbreking. Gewoonlik vrek net een tot drie diere. 'n Paar jaar terug was daar 'n geval waar ses koeie dood is."
Dyason sê hoewel die inkubasieperiode tot ongeveer agt weke is, kan daar uitsonderings wees waar dit 'n paar maande neem vir 'n bees wat nou reeds besmet is om simptome te toon.
Volgens dr. Muller Strydom was daar 'n onlangse geval waar boere van Noordwes buite die hof geskik het vir die verlies van meer as 100 beeste van 'n Simmentaler-stoetbeesboer.
"Die Simmentalerstoet is aangrensend met drie wildplase wat wildebeeste ingebring
het. Al drie die wildboere het die boer vergoed aangesien niemand kon bewys watter een van die wildboere se wildebeeste die siekte aan die Simmentalerbeeste oorgedra het nie."
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'