Die Hoër Landbouskool Oakdale het 'n raps meer as tien ton koring met 'n B1-gradering, die beste gradering vir koring, by die silo afgelaai.
Een van die boere wat teenwoordig was, het vir mnr. Tony Katz, plaasbestuurder van Oakdale, gesê dat dit 'sy hart sommer teen 100 kilometer per uur laat klop'.
Volgens mnr. Chris van Schalkwyk, silo bestuurder, is dit altyd 'n groot oomblik wanneer die eerste vragte van die verskillende graangewasse, verál gars, hawer, canola en koring wat in groot maat gelewer word, by die silo aankom.
Die eerste vrag canola was op 1 Oktober deur AJ de Swardt gelewer, terwyl gars deur Van Wyk Boerdery op 2 Oktober gelewer was en hawer, ook deur Oakdale, was op 10 Oktober gelewer.

Die eerste koring vir die seisoen word afgelaai.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'