RIVERSDAL NUUS - Met die Heidelberg-skou wat vandag afsluit met 'n kerkdiens by die skouterrein, verskuif die fokus nou na die Riversdal-skou wat aanstaande week hier aangebied word.
Die skou begin op Woendag 19 Februarie en duur tot Sondag 23 Februarie met die gesamentlike erediens waarmee die skou dan afgesluit word.
Dit is die 156ste jaar wat die skou aangebied word en die fokus is steeds op landbou, sê Pieter van Wyk, skoupresident.
"Ons verwag weer baie besoekers van buite en dit behoort vir Riversdal weer 'n groot ekonomiese hupstoot te gee. Ons is veral opgewonde oor die 400 bykomende besoekers wat vanaf die Hartenbos-omgewing op Saterdag 2 Februarie kom inloer vir die dag.
"Dankie vir Atlantic Rail wat dit vir ons moontlik maak om dié groep per trein te vervoer. Daar is ook 'n addisionele 260 besoekers wat na Heidelberg en terug met die trein aankom wat dinge nog meer opwindend maak."
Die skou open op Woensdag met sy lywige perdeprogram en Woensdagaand is dit die gewilde Groetemekaar-funksie vir genooide gaste.
Die volledige program is te sien in Suid-Kaap Forum van 14 Februarie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’