Update
RIVERSDAL NUUS - Geelos, 'n Chianina Charolais-kruising, is pas op 'n veiling in Riversdal vir 'n allemintige R44 000 verkoop.
Die sesjarige Geelo, wat die skaal op 1 285 kg laat kreun het, is deur Thys Benson op sy Karooplaas Ockertskraal net buite Ladismith geteel en met die hand grootgemaak.
Benson het ook 'n plaas net buite Oakdale.
Sy aanvanklike plan was om Geelos na die jaarlikse Nampo Alfa-skou te neem om aan die grootste os-kompetisie deel te neem, maar dié plan is natuurlik gekelder toe bek-en-klouseer uitgebreek en die skou afgestel is.
Benson het toe besluit om Geelos eerder op veiling te sit as om hom nog langer aan te hou.
Geelos, 'n 6 jaar oue Chianina Charolais-kruising, is op 'n veiling in Riversdal vir 'n allemintige R44 000 verkoop is.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'