HEIDELBERG NUUSFLITS - Sestien Jerseyplase is vanaf 17 tot 20 September in koue en reën beoordeel, maar almal was maar net te dankbaar vir die seëning van bo.
Jersey kuddes vanaf Swellendam tot Riversdal is deur Francois Potgieter beoordeel. Volgens hom was die kuddes baie kompeterend en is die Suid-Kaap se standaard ook baie hoog.
Die Suid-Kaap Jerseyklub het Vrydag 21 September hulle jaarlikse kuddekompetisie, prysuitdeling en jaarafsluiting by die skousaal gehou.
Die voorsitter, Pieter van Deventer is vroëer vanjaar gekies om die Afrika kontinent se Jerseyboere in Amerika te verteenwoordig.
Pryse is toegeken vir verskillende katogorië.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'