Gallery Video
GROOT-BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO'S - Entoesiastiese eienaars van Model T Ford en ander veteraan- en noagmotors het Vrydagoggend om 9:00 vanaf Groot-Brakrivier na Kaapstad vertrek.
Die veteraanroete is die begin van 'n 7-dag sirkelroete om uiteindelik die George Oumotorskou by te woon wat van Saterdag, 11 Februarie tot Sondag, 12 Februarie by die Eden Tegniese Hoërskool in Langstraat gehou word.
FOTOGALERY: George Oumotorskou vertrek vanaf Groot-Brakrivier na Kaapstad
In Kaapstad sluit hulle by ander veteraan motorliefhebbers aan en ry weer Maandag, 6 Februarie via Ladismith terug waar hulle twee dae by die Slanghoek Mountain Resort oorbly.
Woensdag ry hulle na Barrydale en Donderdag bly hulle by Klaarstroom oor.
Mossel Bay Advertiser het met Philip Kuschke gesels op pad na Barrydale. Philip vertel dat dit baie goed gaan en die motors hou.
"Ons het reeds sowat 950 kilometer afgelê en die motivering is hoog. Ons doen die standaard instandhouding met 'n bietjie olie hier en daar, maar verder gaan dit baie goed. Ons is baie dankbaar vir die Hemelse Vader wat ons veilig hou op die veteraanroete."
Vandag, Vrydag 10 Februarie, sluit die groep Model-T Ford en ander veteraanmotors by die Veteraantoer aan en ry dan saam terug na George vir die Oumotorskou.
Volgens Philip Kuschke se vrou, Rosita is haar man gek oor Model T's en het hy 'n absolute passie vir die motors. Hulle geniet dit om aan die toere deel te neem want as iets verkeerd loop, is almal daar vir mekaar. Daar is 'n heerlike kameraderie tussen die groepslede.
Hennie en Corne Marx van Bethlehem neem deel aan die veteraan sirkelroete na die George Oumotorskou.
Philip Rosser se vrou, Amanda sê dit is iets wat 'n egpaar saam kan doen. "Ek het gekyk hoe bou hy die kar en mag dit ook bestuur. Ons motor is 'n 1926 model en is nou 97 jaar oud. Die motor val onder die vintage kategorie."
Die veteraan motors se afsnydatum is 1918. Ons is altyd op die uitkyk vir 'n geleentheid om op toere met die motors te gaan.
Phillip vertel: "Ek het die motor so 12 jaar gelede gerestoureer en ons het reeds 30 duisend kilometer afgelê." Ockert van der Berg van Bethlehem het in 2008 die 100-jaar vieringe en motorskou van Model-T motors bygewoon en sedertdien is hy 'n passievolle entoesias.
Hy het self sy Model T-Ford opgebou met 'n hek van die plaalike begraafplaas as onderstel.
Op 'n vraag of die motors soms onklaar raak, lag hy: "My vrou sê altyd 'ons breek' en vat 'n boek saam vir sulke tye.
Die motor is eintlik 'n eenvoudige model en as hulle breek, kan ons dit self regmaak." Die veteraan en vintage motors kan eerskomende Saterdag en Sondag by die George Oumotorskou gesien word wat hierdie jaar vir die 26ste keer aangebied word.
GOMS voorsitter, Alewijn Dippenaar, sê: "In hierdie uitdagende dae, is dit belangrik om vir 'n oomblik tot stilstand te kom en die wonderlike bydrae van ons motorbedryf van die verlede, hede en toekoms te bejeën."
VIDEO - Hennie en Corne Marx en Ockert van der Berg en sy seun vertel van hul passie vir die motors.
VIDEO - Ali van Jaarsveld from Johannesburg inherited a few cars from her husband and enjoys the camaraderie of driving with other enthusiasts.
VIDEO - Philip Kuschke vertel dat sy pa hom op 9-jarige ouderdom met 'n Model T Ford motor leer bestuur het.
VIDEO - Phillip Rosser is driving a 1926 Model T Ford. He explains why they are undertaking the Vet Tour.
VIDEO - Rosita Kuschke en Amanda Rosser vertel van hul ervarings saam met hul mans met die unieke motors.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'