RIVERSDAL NUUS - Die bekende Riversdal-boorling Willem Botha vier sy 37ste verjaardag in Mauritius!
Willem, ‘n oud-leerder van die Hoër Landbouskool Oakdale, het bekendheid verwerf as sanger, akteur, TV-aanbieder, fotograaf, skoonheidskundige en entrepreneur.
Hy skryf op sy Facebookblad: “Op 37 is dit die enigste dag wat ek nie laat wil slaap nie. Ek is steeds té opgewonde om geskenke oop te maak. En dan wil ek alles uittoets en aantrek wat ek gekry het. My lagplooie raak meer en dieper; maar dis mos van pure lekkerkry!”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’