'n Paar maande gelede moes die leerders tekenprentjies van vliegtuigies inkleur om sodoende die mooiste vliegtuigie vir die konsert embleem te kies.
Uit 300 kleurvolle inkleurprentjies is daar uiteindelik 'n wenner gekies, wat Vrydag, 26 Oktober gedurende die prestige aand aangekondig sal word.
Die leerders sal 16 lande se tradisionele danse opvoer en 345 leerders vanaf graad R tot graad 9 wat die afgelope paar maande baie hard geoefen het om hul passies onder die knie te kry, neem aan die konsert deel.

Die konsert, 'Om die wêreld met Melkies.com' behoort die gehoor te verras.