HESSEQUA NUUS - Alle Hessequa-inwoners word hartlik uitgenooi na Riversdal Uitvoerende Kunste (RUK) se gesellige Variation Concert wat op Vrydag 27 Oktober by die Stilbaai Baptiste Kerk om 18:30 tot 20:00.
RUK, onder leiding van Pam de Goede, is 'n nie-winsgewende organisasie wat hulle reeds vanaf 2016 toespits op die kunste van musiek, veral met die klem op klassieke styl.
Konsertgangers kan hul regmaak vir 'n uitsonderlike aand wat beloof om musiekkenners se tone te laat krul met Concerto pianis, 'n oud-Stellenbosch alumnistudent wat onder andere al Impromptu in G-Mol Major van Schubert en Scherzo in B-Mol Minor van Chopin opgevoer het.
Vir 'n klein fooi sal lede van die gemeenskap musikante met jare se ervaring in aksie kan sien.
Kaartjies beskikbaar by die deur of skakel gerus vir Pam by 072 305 8170 vir meer inligting.
Die alombekende Riversdal Uitvoerende Kunste se koor en orkes.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’