ALBERTINIA NUUS - Die Hessekwa Jeugmusiekfees word op Saterdag 15 Junie amptelik in Albertinia bekend gestel met die Konsert van Hoop waaraan verskeie bekende en ook plaaslike kunstenaars gaan deelneem.
Die Hessekwa Jeugmusiekfees is gestig deur Gerswin Cupido van Albertinia en is 'n niewinsgewende organisasie wat gestig is om spesifiek die Hessekwa-streek met verskeie kunsprogramme te ondersteun.
Hulle beoog om verskeie programme in die streek te loods om die liefde vir die kunste lewend te hou op die platteland en ook ’n platform daar te stel waardeur jeugdiges hulself kan geniet.
Op Saterdag 15 Junie word 'n musiekwerkwinkel deur produseerders aangebied wat reeds verskeie suksesvolle slypskole gefasiliteer het wat fokus op musiekontwikkeling in plattelandse gemeenskappe.
Theodore Jantjies, bekende akteur met ’n passie vir gemeenskapsontwikkeling, gaan ook 'n dramawerkwinkel aanbied. Theodore is natuurlik 'n trotse boorling van die Hessekwa-streek.
‘n Kort woordkunsprogram, saamgestel deur Jantjies, sal deel van die Konsert van Hoop vorm.
Op Sondag 16 Junie sal 'n dankie-diens op Jeugdag met die gospelkunstenaar Marcha Lombard en Rainbow Community Gospel, Lenichia Willemse en prediker Leroy October aangebied word.
Vir enige navrae kontak Gerswin Cupido, uitvoerende direkteur van die musiekfees, by admin@hessekwajeugmusiekfees.co.za of 060 734 4397.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’