Die blyspel was oor twee aande, Woensdag en Donderdag, 20 en 21 Junie in die stadsaal aangebied en al 380 sitplekke was beide aande uitverkoop. Die spelers, wat almal by Spar betrokke is, het beslis vir hulself naam gemaak onder die Hessequa-gemeenskap met hul talentvolle vertonings van hul onderskeie rolle.
Die openingsaand was boonop vereer met die teenwoordigheid van die uitvoerende burgemeester van die Hessequa munisipaliteit, Emor Nel en haar eggenoot, Dolf. Nog 'n belangrike 'gas' was oom Louis Marais, wat vir jare by Spar betrokke was voor hy met pensioen is. Hy het ook 'n klein rol in die blyspel losgeslaan en die mense het hom behoorlik toegejuig toe hy sy verskyning gemaak het.
Die draaiboek vir die blyspel is deur Stefanie Keyser, lid van Melodika wat ook verantwoordelik was vir die musiek vir die aand, geskryf en die drama-afrigting onder leiding van Corné Tofte.
Die tema was 'n spanpoging deur beide van hulle en Spar.
"Ons wil dit 'n jaarlikse instelling maak en ons dink veral daaraan om 'n kunsnaweek daarvan te maak. Ons wil die plaaslike talent verder ontwikkel en ook produksies van buite inkry," het Germishuys gesê.
Daardeur wil hulle Hessequa blootstelling gee en mense van ander omgewings nadertrek om dié mooi dorp se gasvryheid te ervaar.
"Ons het reeds die bes georganiseerde jaarlikse landbouskou en niks verhoed ons om dieselfde met kuns en kultuur te bereik nie," het hy bygevoeg.
Tydens pouse kon die toeskouers hul innerlike verwarm met heerlike warm sop met broodjies, Milo, koffie en muffins. Die stalletjies het almal 'n bydrae tot die projek gelewer en die idee is om ook dit in die toekoms verder uit te brei.
Die skole wat by die fondsinsameling sal baat vind, is Hoërskool Heidelberg, Kairos Sekondêre skool en De Waalville Primêr.
Germishuys het afgesluit met: "Heidelberg Spar is 'n winkel wat die gemeenskap dien. Dit is ons doel om van Heidelberg 'n dorp te maak waar jy moet afdraai indien die N2 jou roete na 'n bestemming is."

Vincent, kort voor sy vertrek na Hollywood nadat hy as Idols-wenner aangewys is. Sy beste vriende neem van hom afskeid. INLAS: Vytjie se ma het harder na Vincent gevry as haar dogter... maar Vincent het net oë vir Katryn gehad.