HEIDELBERG NUUS - Die sesde Hessequa Harmonie-kunstefees op Heidelberg is Dinsdag 19 September swierig by die Doornboom-opstal geopen.
Klavier en fluit het die stemming in die historiese Fouriehuis geskep, waarna Niël Rademan, uitvoerende hoof van die fees, die program amptelik bekend gestel het.
"Kultuur bring mense byeen, dit smee vriendskappe en dit verkwik die brein.
Waar musiek is, is daar samesyn, daar word ontspan en gekuier," het Grant Riddles, uitvoerende burgemeester van die Hessequa-munisipaliteit, gesê.
Hy en verskeie ander amptenare, insluitende die speaker, Andrew Stroebel, en munisipale bestuurder, Albert de Klerk, het die opening bygewoon.
Die fees duur tot Vrydag 23 September.
By die amptelike opening van die Hessequa Harmonie in Heidelberg was, van links: Hansie Saayman, Grant Riddles, uitvoerende burgmeester van Hessequa-munisipaliteit, Niël Rademan, uitvoerende hoof van die fees, Linda-Heila Smit en Betsie Ryke.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’