TUINROETE NUUS - Die Mosselbaai Kunstevereniging se volgende konsert vind komende Maandag, 18 November, by die Dias Museum op Mosselbaai plaas.
Die vereniging verwelkom die bekende Suid-Afrikaanse bas-bariton, Christiaan Snyman.
Snyman se professionele loopbaan het in 2001 met verskeie optredes in konserte en operas regoor Suid-Afrika begin.
Duitsland
In 2009 is hy na Duitsland waar hy vir vyf jaar in die operakoor van die stadsteater in Koblenz gesing het, asook verskeie rolle in Towerfluit, Salomé en Nabucco.
Hy het ook sedert 2016 die hoofrol in Don Giovanni vertolk en die rol van Scapia in Tosca by die Staatsteater in Pretoria.
In 2019 vertolk hy die rol van Wotan in die Walküre in New York. In 2023 het hy by die Wakkerstroom Musiekfees opgetree saam met Albie van Schalkwyk en het sopas teruggekeer van ‘n konsertreeks in Duitsland.
Dalene Brits
By Maandag se museumkonsert sing hy liedere van Strauss, Schumann en Schubert en word deur die bekende Dalene Brits van George begelei.
Sy het in 1981 die George Mannekoor gestig.
Die ATKV maak gereeld van haar oorspronklike werke as voorgeskrewe liedere vir hulle jaarlikse nasionale skoolkoorkompetisies gebruik.
Konsert
Die konsert begin om 19:00.
Kaartjies kan per WhatsApp bespreek word by 064 963 9962 of by Frame of Mind in die Ocean View Mall in Blandstraat, Mosselbaai.
Kaartjies kos R140 vir lede, R160 vir nie-lede en toegang vir skoolgaande kinders is gratis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’