STILBAAI NUUS - Stilbaai Coastal Cleanup pak Donderdag 16 Julie die groen gebied rondom Jagersbosch aan in 'n skoonmaakaksie wat daarop gemik is om die omgewing weer netjies en uitnodigend te maak.
Hoewel die gebied vanaf Hoofweg-Wes soos 'n pragtige groen landskap lyk, wag daar 'n minder mooi verrassing vir enigiemand wat nader beweeg. Rommel soos papiere, wegneemetehouers en die bekende rooiproppie wynbottels lê oral verspreid.
Vrywilligers word genooi om om 15:00 by die Jagersbosch-parkeerterrein bymekaar te kom. Clifton Donald sal vullissakke uitdeel en die skoonmaakaksie aan deelnemers verduidelik voordat die groep die gebied aanpak.
Die organiseerders beklemtoon dat elke persoon se bydrae 'n verskil maak en doen 'n beroep op die gemeenskap om saam te werk om die omgewing rondom Jagersbosch weer skoon en groen te maak.
Vir navrae kan Clifton Donald by 082 457 1135 gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’