STILBAAI NUUS - Die Blombos Argeologie Museum bied op Donderdag 16 Julie 'n spesiale vakansie-pretdag vir leerders van gr. 4 tot gr. 7 aan.
Die program beloof 'n oggend vol ontdekking, avontuur en verkenning, waar deelnemers op 'n interaktiewe manier meer oor die museum en sy geskiedenis sal leer. Die dag sluit onder meer 'n begeleide toer deur die museum, die voer van die mak palings, 'n kreatiewe rotskuns-aktiwiteit en 'n opwindende skattejag in.
Dit beloof om 'n heerlike oggend van ontdek, avontuur en verken te wees.
Die pretdag vind van 09:30 tot 12:30 plaas. Deelnemers word aangemoedig om hul eie verversings saam te bring en gemaklike stapskoene aan te trek.
Kaartjies is beskikbaar by die toerismekantoor by Palinggat.
Vir meer inligting kan die toerismekantoor by 028 754 2602 gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’