RIVERSDAL NUUS - Vyf leerders is gekies tot die Eden SWD-tennisspan vir deelname aan die Boland Platteland- en WP-toernooi in Maar.
In die o.17-span is Henk Smit (no. 1), Elkan Willemse (no. 5) en Heinrich Potgieter (no.6).
Willem Wessels (no.1) en Gustav Smit (no. 4) is in die o.19-span opgeneem.
INTERPRO-TENNISTOER-NOOI
Drie Oakdalers sal vanaf 26 April tot 1 Mei SWD by die interprovinsiale tennistoernooi in Pretoria verteenwoordig.
Willem Wessels is vanjaar SWD se nommer 1-speler, terwyl Gustav Smit en Elkan Willemse onderskeidelik op nommers 4 en 5 sal speel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'