STILBAAI NUUS - 'n Bulstryd word verwag wanneer Seagulls en Rangers mekaar Saterdag in Albertinia op die rugbyveld pak.
Seagulls sal beslis hierdie wedstryd wil wen om hulle stewige posisie op die ranglys te versterk.
Albertinia is egter 'n moeilike span daar op hulle tuisveld en sal ook 'n punt wil bewys.
Die eerste wedstryd skop om 13:00 af en die klub moedig ondersteuners aan om hulle langs die veld te ondersteun Saterdag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’