ALBERTINIA NUUS - Die plaaslike rugbyklub, Rangers se A-span het Collegians van Oudtshoorn Saterdag op sy tuisveld met 54 - 28 geklop.
Die rustydtelling was 14 - 14.
Die tuisspan het nie goed begin nie, maar hulle kon darem die knoop deurhaak. Collegians het die wedstryd op 'n baie hoë noot afgeskop, maar kon nie die pas teen Rangers volhou nie.
Collegians het die eerste helfte oorheers danksy flinke balverspreiding en stewige verdediging en twee mooi drieë gedruk. Dit het die tuisskare vir 'n ruk stil gehad, maar toe het Rangers teruggeslaan met 'n paar vinnige drieë.
Net ná rustyd het Collegians weer langs die regoppaal gaan druk. Rangers het toe onder die dwarslat gaan afrond om die telling op 21 - 21 te staan te bring.
Daarna was Rangers onkeerbaar en het hulle nog drie drieë ingeryg om met 40 - 21 voor te loop. Collegians het Rangers aan die slaap gevang en hul laaste drie gaan druk vir 'n bonuspunt.
Junior Pietersen het die veld vol gespeel en twee pragdrieë vir Rangers gedruk.
Rangers se B-span was weer op hul stukke en het Collegians maklik met 54 - 7 getroef.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'