Drieë is reeds in die eerste helfte soos sardientjies ingeryg, terwyl die wind en die reën hul eie pasteie gebak het. Barrydale het soos 'n hoërskoolspan teen die tuisspan vertoon, want met elke afskop het Rangers op loop gegaan en punte aangeteken.
Die voor- en agterspelers het in die nat en winderige weer baljaar en daar was geen keer aan hulle nie. Die besoekers het alles probeer toestop, maar die tuisspan wou seker maak dat die ander spanne wat nog teen hulle te staan moet kom, die boodskap kry dat hulle met 'n gedugte span te doen gaan kry.
Volgens gerugte op die dorp werk die Blues van Riversdal en die span van Heidelberg kliphard om die streeptruie van 'n tuis-semifinaal weg te hou. Rangers is tans onkeerbaar en dit gaan moeilik wees om hulle voor 'n tuisskare te klop. Heidelberg én die Blues moet hulle regmaak vir 'n tuiswedstryd teen die span.
Blues, wat tans briljante rugby speel, het daarin geslaag om die Heidelbergers in Riversdal in 'n taai stryd met 17-5 te klop en daarom sal Heidelberg alles moet insit om die streeptruie in Albertinia te uitoorlê. Blues se volgende wedstryd is teen Swellendam op hulle veld en op 28 Julie kom hulle teen Rangers te staan.
* Rangers het die vorige naweek amper teen die Seagulls vasgeval, maar weereens gewys wat van hulle verwag word as dit kom by 'n tuiswedstryd. Met slegs 'n paar minute oor voor die einde van die wedstryd druk hulle 'n drie om gelyk met Seagulls met 13 elk te trek - wat die skopper verdoel en hulle wen met 15-13.
Hierdie derby was 'n spesiale geleentheid vir die Seagulls omdat mnr. Ben Brinkhuis, senior vise-president van SWD rugby, mnr. Abe Steenberg, hoof van skeidsregters in SWD, mnr. Jakkie Wessels, lid van SWD uitvoerende bestuur en dr. en me. Hagen, hoofborge van Seagulls die wedstryd as gaste van Seagulls bestuur bygewoon het.

Mnr. Ben Brinkhuis, senior vise-president van SWD rugby, mnr. Abe Steenberg, hoof van skeidsregters in SWD, mnr. Jakkie Wessels, lid van SWD uitvoerende bestuur en Seagulls se hoofborge, dr. en me. Hagen het die wedstryd as gaste van Seagulls bestuur bygewoon op Saterdag 30 Junie se rugby derby.