TUINROETE NUUS - Hoewel Albertinia Rangers hul wedstryd Saterdag, 30 April teen Thistles in Friemersheim met 29-24 gewen het, het hulle hul ondersteuners behoorlik naels laat kou.
Met die oorwinning verdien hulle ook 'n bonuspunt.
Die tuisspan het van die afskop die veld aan die brand gespeel en pragtige drieë in die eerste helfte gedruk. Rangers moes keer vir al wat dit werd was.
Die besoekers het egter nie laat slap lê nie en teruggeslaan met 'n drie en doelskop om die telling 7-14 te maak.
Die losskakel, Keanan Tarentaal het nog drie punte met 'n strafdoel bygevoeg voor die spelers na die kleedkamers is met lemoentyd.
Vars bene is met die tweede helfte op die veld gestuur en Rejovaan Fortuin, Joshwine Saayman en Wayne London was sommer vinnig op die aanval.
Fortuin is met twee drieë beloon vir sy harde spel.
Heswin Oktober em Cullen Joseph het ook hulle kant gebring deur 'n drie elk te druk.
Rangers se agterlyn het onnodige foute gemaak en balhantering was nie op standaard nie.
Eerskomende Saterdag lê nog 'n harde wedstryd teen Silver Stars en sal die span hulle huiswerk deeglik moet doen as hulle wil wen.
Die B-span het hul wedstryd met 15-3 gewen. Bronwyn Vaaltyn, Shamiel Jantjies en Lee-H Paulsen het drieë gedruk.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'