RIVERSDAL NUUSFLITS - Riversdal Blues het Saterdag 16 Junie vir Arrows van Slangrivier met 27-9 gewen.
Gerhard Visser, voorsitter van Blues rugbyklub het gesê: “Namens die klub wil ek die burgemeester, Grant Riddles bedank vir die borg van die nuwe skrummasjien.”
Volgens Visser het Riddles nie gehuiwer om sy hand in sy sak te steek nie en Saterdag 16 Junie die skrummasjien aan die klub oorhandig.
Hy het ook gesê Blues se bestuur onderneem om in samewerking met enige organisasie hande te vat en sodoende dwelms in die gemeenskap hok te slaan.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'