Update
RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues het die Mosselbaaiers Saterdag 30 Junie in 'n harde SWD Presidentligawedstryd met 31-10 op Riverville gewen.
Mosselbaai Dorp, wat vir hulle aggressiewe spel bekend is, het hulle lelik teen die jong Bloues vasgeloop. Bennie Jantjies en Mathlin Fielies se name moet uitgesonder word vir uitmuntende spel. Jantjies was rotsvas op verdediging en moes die besoekers keer vir al wat dit werd was.
In die agterlyn was dit die sterk senter, Jaco Arendse wat weer uitgeblink het. Mosselbaai moes al die gate toestop wanneer hy op die aanval was.
Hilton Michaels en Jaco Arendse het elkeen twee pragdrieë gedruk. Blues het hulle skare op hul voete gehad en weereens 'n volle vyf bonuspunte ingesamel.
Blues se B-span het ook 'n bonuspunt met hul 29-17 oorwinning ingesamel.
Puntemakers by die A-span was Delano Jacobs, Jerome Esau, Arendse en Michaels. Wilbur January en Jacobs het van die drieë verdoel.
Mosselbaai het 'n strafdrie gekry (7) en strafskop (3) deur Heindrich Botha.
Hilton Michaels duik oor die doellyn vir nog punte op die bord.
Lees 'n vorige artikel: Blues wen Mosselbaai oortuigend
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'