Hierdie toernooi het baie gewild geword en groei steeds. Die spelers was so angstig om te speel dat hulle die klub vanjaar gevra het om, benewens die gereelde toernooi aan die begin van die jaar, ook 'n 'voor Krismis'-toernooi aan te bied.
Hierdie toernooi het pas ten einde geloop, wat terdeë geniet was deur die spelers. Die meeste stem saam dat rolbal nie net old man's marbles is nie, maar werklik a game of skill.
Op die dikte van 'n polonieskil na het die span van Esebuis Cronjé, Jan Stegman, Hennie Pfaff en André Heyns die knoop deurgehaak. Tweede was 'n span geregsdienaars, naamlik Noël Abelsohn, sy broer Desmond, Jeff Bezuidenhout en Abba Juta
George Uys, Hugo en Francois van Dyk en Neil Bredenhann was derde. Almal het beloof om terug te wees vir die groot kompetisie vroeg volgende jaar. Enigiemand wat belangstel om ook 'n span in te skryf, kan enige lid van die klub kontak.

Dié manne van die gereg het gewys hulle kan ontspan ook. Hulle het die wenners goed opdraende gegee en bestaan uit (vanaf tweede van links) Noël Abelsohn, sy broer Desmond, Jeff Bezuidenhout en Abba Juta.

Sjampanje vir die wenspan, bestaande uit Esebuis Cronjé, Jan Stegman, Hennie Pfaff en André Heyns.