Gallery Update Video
RIVERSDAL NUUS - Rolbalspelers van Lekkerbreek met spelers van oor die land het hierheen gekom om gedurende die week van 3 tot 7 September op bane in die Hessequa-streek te speel.
Die spelers het Maandag 3 September op Riversdal se bane saamgetrek. Stilbaai-rolbalklub was die gasheer vir hierdie jaarlikse geleentheid.
Volgens Mariaan van der Walt, klubpresident is die geleentheid net vir die lekker daarvan en dat almal hulself kan geniet. Ongeveer 80 spelers het kom balle rol en agterna was heerlik gekuier.
Rolbalspelers van Lekkerbreek met spelers van oor die land het hierheen gekom om gedurende die week van 3 tot 7 September op bane in die Hessequa-streek te speel.
Kyk 'n video hieronder:
Klik hier vir 'n vorige artikel: Balle rol in die dal
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'