Gallery Video
RIVERSDAL NUUSFLITS EN VIDEO - Rolbalspelers van Lekkerbreek met spelers van regoor die land het hierheen gekom om gedurende die week van 3 tot 7 September op bane in die Hessequa-streek te speel.
Die spelers het Maandag 3 September op die Dal van die Slapende Skoonheid se bane saamgetrek. Stilbaai Rolbalklub was die gasheer vir hierdie jaarlikse geleentheid.
Volgens Mariaan van der Walt, klubpresident is die geleentheid net vir die lekker daarvan en dat almal hulself kan geniet.
Ongeveer 80 spelers het kom balle rol en agterna was heerlik saamgekuier.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'