Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Q-Lovers van Heidelberg is as kampioene gekroon na hul oorwinning oor Khulas van Riversdal in die eindronde van die Hessequa-potspelliga.
Die halfeind- en eindronde het Sondag, 28 November op Riversdal plaasgevind.
Khulas het in 'n stadium met 16-12 voorgeloop, maar daarna het Q-Lovers die voortou geneem. Hulle wen met 19-16.
Video: Q-Lovers is potspelkampioene
Foto: Heinrich Fortuin
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'