HEIDELBERG NUUS - Pumas Potspelklub van dié dorp het Sondag 19 Augustus in hul tuiswedstryd van die Hessequa Potspelunie, teen Khula’s van Albertinia, gemaklik met 22-14 gewen.
Die C-spanne het gemaklik met 9-3 geseëvier, terwyl die B-span naelskraap met 7-5 gewen het. A-spanne het met 6-elk gelykop gespeel.
Johnifer King is as speler van die wedstryd aangewys.
Pumas speel Sondag 26 Augustus weg teen Crazy 8, met Khula’s wat ’n loslootjie het.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'