HESSEQUA NUUS - Black Balls en Vdub van Albertinia, Q-Lovers op Heidelberg en Club Khulas op Riversdal het die jaar met vriendskaplike wedstryde afgeskop om vir die Hessequa-potspelliga voor te berei.
Die ligawedstryde begin op 13 Februarie.
Black Balls het hulle wedstryd teen Q-Lovers met 14-19 verloor. Vdub het teen Club Khula te staan gekom en hulle eindig gelykop met 18-18.
Khulas is deur na die eindronde, maar loop hulle lelik vas teen Q-Lovers. Hulle verloor die wedstryd met 19-15.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'