HESSEQUA NUUS - Die kwarteindwedstryde van die potspelliga in die Hessequa-streek vind Sondag, 21 November plaas.
Q-Lovers kom teen V-Dub op Heidelberg te staan; Khula sal teen Legend Killers op Riversdal kragte meet.
Black Balls se teenstanders is Shooting Stars op Albertinia en Down Town se wedstryd is teen Skarrelkids, ook op Albertinia.
Ondersteuners is welkom om hul spanne te gaan ondersteun.
Die V-Dub-potspelspan van Albertinia het Sondag, 14 November op Heidelberg teen Skarrelkids kragte gemeet en die wedstryd met 20-16 gewen.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'