HESSEQUA SPORTNUUS - Die V-Dub-potspelspan van Albertinia het Sondag, 14 November op Heidelberg teen Skarrelkids kragte gemeet en die wedstryd met 20-16 gewen.
Die jong potspelspelers het weer eens gewys dat hulle nie vir sterker spanne terugstaan nie. Hulle het hiermee na die kwarteindstryd deurgedring.
Down Town is weer op die wenpad en het gemaklik teen Dc van Heidelberg met 21-15 gewen. Hulle wedstryd het ook op Heidelberg plaasgevind en hulle het seker gemaak van 'n tuis kwarteindstryd op eie bodem.
Black Balls het 'n vriendskaplike wedstryd teen Q-Lovers gehad omdat albei spanne 'n loslootjie gehad het.
Die kwarteindwedstryde vind Sondag, 21 November plaas:
- Q-Lovers teen V-Dub op Heidelberg;
- Khula teen Legend Killers op Riversdal;
- Black Balls teen Shooting Stars op Albertinia;
- Down Town teen Skarrelkids op Albertinia.
V-dub Potspelspan van Albertinia. Foto: Heinrich Fortuin
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'