ALBERTINIA NUUS - In 'n naelbyt tuiswedstryd het Down Town-potspelklub vir Crazy 8 van Riversdal Sondag 11 Maart naelskraap met 19-17 gewen.
Down Town se C-span het van die begin af verwoesting gesaai en 'n gemaklike voorsprong van 10-2 opgebou.
Crazy 8 het nie vir 'n oomblik laat slaplê nie en die B-span van Down Town met 7-5 geklop.
Met die telling 15-7 in die guns van die tuisspan het Down Town net 4 punte nodig gehad vir 'n oorwinning.
Crazy 8 se A-span het wel die wedstryd beklink met 8-4 teen Down Town se A-span, maar die koeël was reeds deur die kerk.
Keanan Tarentaal en Jayden Uithaler van Down Town was die enigste spelers wat van hul opponente 'n sewebord kon gee.
ARTIKEL: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'