RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven se skyfskietspan het vanaf 26 tot 27 Augustus in Bellville, aan die Wes-Kaapse kampioenskap deelgeneem en mooi presteer.
Die volgende skuts het medaljes vir die 10 m dissipline ontvang: Milla Steyn verwerf 'n goue medalje in die dames o.14-afdeling. Johanne van der Vyfer (goud), Anouska Fouché (silwer) en Cyrilene Coetzee (brons).
Hulle almal het in die dames o.16-ouderdomsgroep deelgeneem en elkeen 'n toekenning vir uitstekende vordering in die sport ontvang.
Lourens van Vuuren is vir die Wes-Kaapse span gekies om vanaf 6 tot 7 Oktober op Douglas aan die SA kampioenskap deel te neem.
Indien hy hier 'n kwalifiserende telling skiet, verwerf hy sy WP-kleure. André Rossouw verwerf 'n toekenning vir uitstekende vordering in die sport.
Herman Rall (afrigter van die Dasse) is deur die Wes-Kaap Unie as Wes-Kaap-afrigter van 2017 aangewys.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'