RIVERSDAL NUUS - Esteban D'Emiljo, 'n gr. 10-leerder van Hoërskool Langenhoven en Anze Gildenhuys, 'n gr. 8-leerder is ná afloop van die SA plattelandse muurbaltoernooi in die SA plattelandspan opgeneem.
Albei leerders het Eden van 29 April tot 2 Mei by dié toernooi in Bloemfontein verteenwoordig.
Esteban het in die ouderdomsgroep vir seuns o.16 deelgeneem en ses van sy sewe wedstryde gewen. Eden se o. 16-seunsspan het ook in hul ouderdomsgroep by die toernooi geseëvier. Esteban is uit 32 seuns as no. 5-speler gekies.
Anze het in die dogters se o.14-ouderdomsgroep gespeel en vier van haar ses wedstryde gewen. Sy is uit 21 dogters as no. 4 gekies.
Anze en Esteban gaan in die Junievakansie aan die nasionale interprovinsiale toernooi deelneem.
Jonathan Abrahams, 'n werker by Hoërskool Langenhoven en muurbalafrigter het agt leerders in die verskeie Eden-spanne opgelewer.
Sewe van hulle is in die SA plattelandse-span opgeneem en een is as reserwe gekies, 'n uitsonderlike prestasie.
'Oms bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'