Ofskoon die kompetisie in rugby, netbal en hokkie taai, kompeterend en genadeloos was, was beide skole dit na afloop van die dag eens dat dit 'n vaste datum op die sportkalender moet word. Punt het die eerstespanne rugby en netbal gewen, terwyl die eerstespan hokkie gelykop geëindig het.
Vir die Dasse is dit ook belangrik om hulle te toets aan die sogenaamd groter skole om die standaard van die wintersportsoorte sodoende te verbeter.
Die Dasse se hokkie- en netbalspanne ding jaarliks mee in die SWD se superliga, wat hulle dus aan dié tipe kompetisie blootstel (en waar hulle baie goed presteer), maar vir die rugby was dit 'n nuwe ervaring en uitdaging.
Ruan Hamman, agtsteman van die Dasse, breek weg met die bal in die eerstespan rugbykragmeting teen Punt die afgelope naweek.