RIVERSDAL NUUS - Esteban D’Emiljo (gr. 10) en Anze Gildenhuys (gr. 8) van Hoërskool Langenhoven is ná afloop van die SA plattelandse muurbaltoernooi in die SA plattelandspan opgeneem.
Albei leerders het Eden van 29 April tot 2 Mei by dié toernooi in Bloemfontein verteenwoordig.
Jonathan Abrahams, 'n werker by Hoërskool Langenhoven en muurbalafrigter het agt leerders in die verskeie Eden-spanne opgelewer.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'