Die wenner, Billy van der Westhuizen het 10 houe beter as sy voorgee gespeel en 46 punte aangeteken.
Hy het daarin geslaag om Kadoems du Preez, wie 45 punte aanteken het te klop. Derde was Evert Nel met 43 punte, gevolg deur Mike Mulligen en Gavin Bayman, wie 41 en 40 punte onderskeidelik aangeteken het. Die gholfklub het groot dank vir die borg wie reeds geruime tyd die toernooi borg.
Die toernooi staan bekend as die 'Interbuurt toernooi' omdat die drie buurte van die dorp meeding om die Krugerbeker. Dié beker is destyds deur Dawid Kruger geskenk en uitgegee op 'n dag wat hy geborg het, op 31 Mei van elke jaar.

Die onderskeie wenners, saam met die borg van die 'Interbuurt toernooi', Smiley Cronjé van 'n plaaslike makelaarsfirma. Foto: Gavin Bayman.