Beide spanne het volpunte vir hul wedstryde teen Albertinia gekry omdat laasgenoemde op die nippertjie onttrek het. Die tuisspan se kap-tein, Eldon Manho het die loot gewen, maar besluit om veldwerk te doen.
Hulle kon egter nie hul twintig boulbeurte in die toegelate tyd voltooi nie en is na 18 beurte met 32 lopies vir die verlore twee beurte beboet. Dit het United se tellling van 111/8 na 143 opgeskuif. Net drie kolwers kon dubbelsyfers vir United behaal.
Leon Hartnick, openingskolwer het die meeste met 35 (5x4) aangeteken, terwyl Ramsey Noudt 17 (3x4) en Pernell Conradie (kaptein) 13, wat twee viere ingesluit het, aangeteken het. Die bouler wat die meeste skade aangerig het, is Glenville Lietz met 5/15 met een leeg na vier beurte. PJ Petersen met 2/24 na vier en Manho met 1/13 na drie beurte was die ander suksesvolle boulers.
Die tuisspan moes 144 lopies aanteken, maar is met slegs een bal oor vir 123 lopies uitgehaal. Net twee kolwers kon dubbelsyfers behaal. Frank Malowitz, openingskolwer met 51 lopies (5x4) en Morné Saayman met 12 (2x4) het goeie weerstand gebied.
Danielo du Preez en Richard Roberts het elk-een drie paaltjies ingeryg met Du Preez 3/12 na drie beurte en Roberts met 3/22 na vier beurte. Noudt met 2/21 na 3.5 en Corbin Swartbooi met 1/30 na vier beurte het die ander paaltjies laat kantel.


Die Melkhoutfontein krieketspan op hul nuwe baanblad wat onlangs in gebruik geneem is. Inlas: Charlotte en haar dogter, Amy Michiel van Melkhoutfontein, hou dit in die familie om telling te hou terwyl manlief en pa, Jonathan, op die veld as speler of skeidsregter diens verrig. Hul moedig nog dames aan om as tellinghouers op te tree.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'