Advertorial Gallery Video
RIVERSDAL KRIEKET NUUS - Die Hessequa 6-a-Side is so eie aan Riversdal soos die Slapende Skoonheid.
Die kriekettoernooi het in 1996 as 'n liefdadigheidsaksie ontstaan.
"Destyds is die toernooi gereël om 'n jong parapleeg se hospitaalkoste te betaal," vertel Cynrol Saayman, die organiseerder. Dit is steeds so, want die hekgeld word verdeel en aan verdienstelike instansies geskenk. Vanjaar het drie kleuterskole, naamlik Feetjieland, Bollie Konyn en Zebra Kiddies daarby baat gevind.
Destyds was daar net 23 spanne, terwyl daar vanjaar 'n rekordtal van 40 spanne vir die 24ste toernooi wat op 2 Februarie begin en op 1 Maart klaargemaak het ingeskryf.
Spelers het in vyf afdelings meegeding, naamlik mans A-afdeling (10 spanne); mans B-afdeling (10 spanne); mans C-afdeling (10 spanne); dames-afdeling (8 spanne); en mans veteraan-afdeling (2 spanne).
Kyk 'n video hieronder:
Wedstryde in die halfeindronde is Woensdag 26 en Donderdag 27 Februarie gespeel. Die verloorders in hierdie rondes het Vrydag 28 Februarie om 18:00 vir die derde en vierde plekke gespeel, terwyl die wenners Sondag 1 Maart om 13:00 in die eindronde om die eerste en tweede plekke meegeding het.
Die finale uitslae was soos volg
- Mans A-afdeling: Unknown Heavies A (99 lopies) wen P Squad (80 lopies);
- Mans B-afdeling: B4L (83 lopies) wen Ou Tone (52 lopies);
- Mans C-afdeling: SA Travel met 114 lopies wen Spar Untouchables met (113 lopies);
- Mans veterane-afdeling: Unknown Heavies Veterane (145 lopies) wen Top Dogs (110 lopies);
- Dames-afdeling: Epic Queens (67 lopies) wen Blue Thunders (58 lopies).
- Nolan Francies van All Stars is as speler van die toernooi aangewys. Hy het met 142 lopies - wat ook die vinnigste 30-tal van die toernooi ingesluit het, 32 lopies van net nege balle en vyf paaltjies vir 23 lopies, met 'n beste ontleding van drie paaltjies vir slegs twee lopies in een van die vier wedstryde waarin hy betrokke was, aangeteken.
Die Epic Queens het die vroue-afdeling gewen.
Juanita Jacobs (Feetjieland-kleuterskool), Cynrol Saayman (Laerskool Molenrivier en Zebra Kiddies-kleuterskool), Mirriam Fielies (Bollie Konyn-kleuterskool), Gurswin Hickley (Riversdal SuperSpar) en Marilyn Kortje (Bollie Konyn-kleuterskool).
Die toernooi het vir lekker krieketaksie gesorg.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'